"Back to Normal"

"Back to Normal"
kakiebos februarie_2012_fp

Met die eerste maand van die jaar agter die rug en meeste van die "terug-by-die-werk-na-'n-lang-vakansie" stress wat verby is kan mens weer rus vind in die roetine van alledaagse lewe. Die weer is fantasties en die atmosfeer van die laat somer is betowerend. Wat wil mens nou meer hê in die maand van die liefde?

Hier by Kakiebos is ons ook hard aan die werk aan die nuwe reeks en 'n paar nuwe produkte wat dalk binnekort op die rakke sal wees. Ons sal julle op hoogte hou, gaan word 'n pêl van Kakiebos op Facebook en onthou om ons nuwe "Facebook Page" te gaan "Like" om op hoogte te bly van ons doen en late.

Moenie vergeet om Februarie maand se "desktop wallpaper" kalender te gaan aflaai nie. Gaan loer onder ons Downloads blad vir nog meer kalenders of click op die prentjie hier langsaan om die nuutste kalender af te laai.

Pssst... en onthou om jou geliefde te veras met Kakiebos T-shirt op Valentynsdag...

Nuwe Kakiebos Hoekie

gabys polaroidKom kyk ons nuwe spog Kakiebos hoekie by Gaby's in Menlyn Retail Park. Jy kan hier ook klomp van ons nuwe reeks se ontwerpe in die hande kry.

2011 Kakiebos Cape Epic Dagboek

Die Tokai Woud wat deel form van die Tafelberg Nationale Park is waar hierdie jaar se Cape Epic afskop.

Die 27km sluit nie net die wel bekende mountainbike roete in nie, daar is ook spesiale toestemmingekry om ook gebruik te maak van die verskeie bosbou padjies wat nie normaal weg aan die publik oop is nie. Dis hier waar ons manne 'n paar harde klimme en vinnige afdraendes met "single track" moet baas raak.

lees meer...

Kakiebos - nou in die Wes-Kaap!

dejagers

Met die lente kom nuwe lewe en dit is op die trant dat ons met trots kan aankondig dat Kakiebos ook nou in die Weskaap beskikbaar is. Kakiebos sal voortaan beskikbaar wees by al die DeJagers winkels in die Wes-Kaap. Gaan loer gerus op ons Handelaars link vir meer inligting en om jou naaste tak op te spoor.

Swazi Extreme - Kakiebos Span

Swazi Extreme is een van die GROOTSTE en Uitdagendste "Extreme Adventure" wedrenne in die Suidelike halfrond. Dit vind jaarliks in die Koninkryk van Swaziland plaas en dis reeds die 10de jaar van die wedren. Hierdie jaar het die wedren oor die Vrouedag langnaweek van 5 - 10 Augustus gestrek. Ons Kakiebos Span het behoorlik gesweet deur al die uitdagings van die wedren wat ingesluit het: Mountainbiking, Kanoe, Touwerk (Abseiling), "Kloofing" en Swem, asook navigasie en stap. Loer solank na 'n paar van die foto's hieronder, ons update hierdie post binnekort met meer inligting van ons deelnemers en hoe hulle gevaar het. Ons Kakiebos span het bestaan uit: Kabous, Jenny Lee, Adriaan en Nicolas.

Kakiebos OppiKoppi

Ons Kakiebos design dude het weer vet pret gehad by die jaar se OppiKoppi! Hy en Kamp Kakiebos se bewoners het klomp Freebies uitgedeel, 'n klomp nuwe vriende gemaak en groot gepaartie! Kom loer gerus of jou foto hier in ons album is. Die foto's is ook op ons Facebook blad beskikbaar so gaan tag jou mooi gesiggie vandag! (jy kan hier click om daar uit te kom) Al die foto's geneem deur Kakiebos se onoffisiele fotograaf, Deon van Eck.