Die 94.7 Pret Dag

Kakkiebossie... die GROOT klim...

Die Kakiebossie Klim van die 94.7 Fietsry Uitdaging was hierdie jaar nog groter en meer pret as ooit. Pieter Koen en sy crew het ons gehelp om behoorlik 'n bohaai op te skop en die deelnemers bietjie "Beat in die bene" te gee... Kakiebossie kan nogal 'n lang klim raak...

Die Kakiebossie Klim van die 94.7 Fietsry Uitdaging was hierdie jaar nog groter en meer pret as ooit. Pieter Koen en sy crew het ons gehelp om behoorlik 'n bohaai op te skop en die deelnemers bietjie "Beat in die bene" te gee... Kakiebossie kan nogal 'n lang klim raak...
Pieter Koen


Familie en vriende van Kakiebos het weer hulle stemme laat gons om die deelnemers aan te moedig en hand by te sit wanneer die ontydige pap wiel of fiets probleme begin inmeng het met die momentum.

Kakiebos gee support!Kakiebos help graag...

Click hier vir nog foto's!

Die heel voorste groep fietsryers is al dou voordag daar by die oranje Kakiebos Gazebo verby. Aaron Brown van Medscheme(in blou en wit hieronder) het aan die einde van die dag weg gestap(sekerlik toe al moeg fiets gery...) met die eerste plek met spanmaat Malcolm Lange kort op sy hakke. Christoff van Heerden het die derde plek gevat. Die mans wenner Aaron Brown is ook die eerste Suid Afrikaanse man wat nog ooit 'n "cycling grand slam" kon bereik deur die Cape Argus in Maart en Durban se Amashovashova wedren laas maand ook te wen.

Break away bunch.

Die Dames afdeling wenner was Joanna van der Winkel wat hierdie jaar vir die eerste keer aan die wedren deelgeneem het nadat sy net oor 'n jaar terug die sport begin beoefen het. Sy het die podium gedeel met Anli Pretorius in die tweede posisie en Lylani Lourens derde.

Die CHOC Span
Die CHOC span met hulle koei pakkies (en moerse uiers) het ook 'n draai kom maak by die Kakiebos Gazebo om vinnig te pose vir 'n foto en om 'n donasie te ontvang vir hierdie goeie doel.

CHOC Kinder Kanker Vereniging is 'n land wye vrywillige organisasie wat ouers van kinders wat ly aan kanker of lewensgevaarlike bloed siektes bymekaar uitbring.

Fondse ingesamel word direk aangewend tot voordeel van die kindertjies en hulle families en ondersteun ook die wat betrokke is by die behandeling van hierdie ernstige siektes.

Die doel van CHOC is dus om die welsyn en kwaliteit van sorg vir kinders met kanker te bevorder.

Click gerus op die CHOC logo hier bo om meer uit te vind oor hierdie organisasie.
Share on Myspace