Swazi Extreme is een van die GROOTSTE en Uitdagendste "Extreme Adventure" wedrenne in die Suidelike halfrond. Dit vind jaarliks in die Koninkryk van Swaziland plaas en dis reeds die 10de jaar van die wedren. Hierdie jaar het die wedren oor die Vrouedag langnaweek van 5 - 10 Augustus gestrek. Ons Kakiebos Span het behoorlik gesweet deur al die uitdagings van die wedren wat ingesluit het: Mountainbiking, Kanoe, Touwerk (Abseiling), "Kloofing" en Swem, asook navigasie en stap. Loer solank na 'n paar van die foto's hieronder, ons update hierdie post binnekort met meer inligting van ons deelnemers en hoe hulle gevaar het. Ons Kakiebos span het bestaan uit: Kabous, Jenny Lee, Adriaan en Nicolas.