2011 Kakiebos Cape Epic Dagboek

Daaglikse Content 2

2011 Kakiebos Cape Epic


Daaglikse Content 2

2011 Kakiebos Cape Epic
Prologue

Die Tokai Woud wat deel form van die Tafelberg Nationale Park is waar hierdie jaar se Cape Epic afskop.

Die 27km sluit nie net die wel bekende mountainbike roete in nie, daar is ook spesiale toestemmingekry om ook gebruik te maak van die verskeie bosbou padjies wat nie normaal weg aan die publik oop is nie. Dis hier waar ons manne 'n paar harde klimme en vinnige afdraendes met "single track" moet baas raak.

Hierdie eerste deel van die wedren is teen tyd om te bepaal waar die deelnemers op die ranglys sal wegspring in die volgende deel van die wedren - die eerste skof van die Cape Epic.

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en; Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 165
Algehele Rankeering: 256
Tyd: 1:34.08,8

1ste Skof

Vandag spring die deelnemers weg in hulle onderskeie groepe. Ons Kakiebos Span spring weg in groep D.

Hierdie eerste skof van die wedren is sommer van die begin af misleidend. Die 89km klink dalk nie na 'n ver pad nie, maar selfs die beroemde "Dr. Evil" het genoem dat die roete "seriously hard" is. Dit begin misleidend plat voordat daar 'n hele reeks kort maar ongelooflik steil en ongelyke bulte volg wat gekenmerk word aan los klipperige grond. Groot "volleyball size" rotse en sandbanke sal die roete verder bemoeilik op hierdei verlate "dual track" vandag.

Die laaste klim bring die fietsryers by die begin van een van die mees uitdagendste en moeilikste "downhills" wat nog ooit op die Cape Epic beleef is. Met groot rotse, diep skeure en 'n baie steil afgrond aan die linker kant sal die ouens dit verseker so bietjie stadig moet vat op hierdie deel.


Executive Suite 401 Row 3 Die Kakiebos Epic Spanmaats

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 155
Algehele Rankeering: 253
Skof tyd: 6:19.52,1
Algehele tyd: 7:54.00,9

2de Skof

Vandag begin met 'n stadige 12km klim voordat die ou Voortrekker Ossewapad die deelnemers 6km die bult op stuur. Teen die 18km merk aan die bo-punt van die van die wa-pad het die deelnemers reeds 1000m geklim vandag! (dis hier waar die ouens vandag 'n stappie gaan vat) Na die dag se grootste stuikel blok uit die weg geruim is maak die Witzenberg Vallei na vore oop waar die roete kloks gewys gaan "loop" op 'n buffer sone tussen die berg en boorde.

Daar volg dan 'n lekker vinnige stuk "single track" wat op maak vir die uitmergelende eerste 50km van die dag. Na 'n klim van 1500m terug na die Voortrekker Wapad kom daar 'n afdraende wat weereens bietjie verligting na vandag se uitdagende roete.


Eina! Hardus in aksie

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 150
Algehele Rankeering: 245
Skof tyd: 7:23.40,9
Algehele tyd: 15:17.41,8

3de Skof

Die deelnemers begin die dag rustig met 13km van vinnige paaie uit die dorp uit voordat hulle op 'n steil, los en klipperige klim moet uit trap. Na 4km van klim bevind die ouens hul self op die plato wat uitkyk op 'n asemrowende vallei tussen die berge. Ongelukkig gaan daar nie veel tyd wees om rond te kyk nie, hierdie deel van die roete gaan fietsryer en toerrusting tot op die maksimum beproef met sy diep, steil afdraendes. Na 'n stuk egalige plaas paaie word die deelnemers oor klipperige paaie gestuur waarna hulle 'n lang uitgerekte rowwe opwaartse pad aan durf wat hulle tot verby 'n eensame hut aan die voet van die kranse neem. die laaste strek van hierdie been neem die ouens oor nog 'n steil klim met 'n lekker vinnige afdraende voordat hulle verras word met nog 'n laaste lekker klim wat hulle sal moet trotseer voordat hulle die eindpaal bereik.

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 147
Algehele Rankeering: 237
Skof tyd: 8:06.25,2
Algehele tyd: 23:24.07,0


4de Skof

Vandag se skof is 'n tydren en die roete strek oor 32km deur die heuwels van Bradwacht. Die deelnemers gaan deur die besonderse semi-westyn van die Karoo Botaniese Tuine aan die Weste-kant van Worcester ry op growwe "dual track". Die 800m klin vandag klink min, maar dit gaan uiters uitdagend wees oor die kort 32km wat die roete in hou. Die ouens sal al hul krag met inspan om vandag deur te druk.

Onweer Kakiebos teen die klok!

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 149
Algehele Rankeering: 240
Skof tyd: 1:53.05,9
Algehele tyd: 25:17.12,9


5de Skof

Vandag is seker een van die grootste uitdagings van die Cape Epic. Die lang 143km roete word gekenmerk deur vinnige oop paaie wat drie groot stuikelblokke van mekaar skei. Die deelnemers sal strategies en slim moet werk om hulle kragte spaarsaamig te benut. Die eerste klim van die dag kom soos 'n skok tot die sisteem met sy steil helling en moeilike oppervlak. Soos hul sê, wat opgaan moet ook afkom... en so sal die deelnemers ook weer afdraend af op baie rowwe terrein. Die wat besluit het om met skokbrekers te ry sal bly wees oor hul besluit. Met nog 'n paar kilo's van oop pad nader die ouens die radio maste in die verte. Na die verleidende klim glip die pad vinnig af na die wynlande en oor 'n klompie heuwels wat selfs die gehardste fietsryer gaan knou. By die 100km merk kom die fietsryers by die voet van die Groenlandberg. Die ouens sal die 15% gradient wat volg goed moet "pace" as hulle die Noordelike helling wil uit oorlê in die hitte van die dag. Die klipperige "down hill" vat die ouens reguit na die gewilde Oak Valley "single track".

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 148
Algehele Rankeering: 239
Skof tyd: 7:47.26,0
Algehele tyd:
33:04.38,9


6de Skof

Die manne gaan teen die tweede laaste dag van die wedren moeg wees, maar hulle sal nog genadeloos beproef word voordat hulle die eind paal bereik. Hierdie Oak Valley loop vat die fietsryers vir die tweede maal die week oor die Groenlandberg. Nadat hulle die R43 kruis, sal hulle 'n groot strek van sanderige paaie moet uit oorlê. 'n Kort stukkie pad sal bietjie verligting bring voordat deelnemers nog los en sanderige oppervlaktes in die gesig staar. Die fietsryers wat dit tot bo maak word beloon met 'n asemrowende uitsig oor die Atlantiese oseaan, Bot rivier en Kleinmond. 'n Laaste klim vat die ouens deur 'n strek fynbos voordat hulle die vloeiende "single track" van Lebanon geniet. Onder deur die N2 vir nog meer "single track" terug tot in Oak Valley...

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 144
Algehele Rankeering: 236
Skof tyd: 7:49.14,8
Algehele tyd: 40:53.53,7

7de Skof

Vandag is die laaste dag van die wedren, die roete is dalk kort, maar dis steeds nie maklik nie. Ou Viljoen's Pass en Nuweberg sal die deelnemers beslis daar aan herhinder vandag. Die fietsryers sal ook bly wees om te sien dat die "single track" langs die spoorweg loop (en nie bo-oor die spoor nie). Dr. Evil beloof egter om nog 'n paar verrassings op die laaste strek van die wedren te strooi voordat die fietsryers die eindpaal in Lourensford bereik.

Resultate:

Kakiebos Epic Span #1:
Hardus Blignaut en Dirk Erasmus
Kategorie Rankeering: 146
Algehele Rankeering: 234
Skof tyd: 4:14.20,8
Algehele tyd: 45:08.14,5

7de Skof
Share on Myspace