"Back to Normal"

"Back to Normal"
kakiebos februarie_2012_fp

Met die eerste maand van die jaar agter die rug en meeste van die "terug-by-die-werk-na-'n-lang-vakansie" stress wat verby is kan mens weer rus vind in die roetine van alledaagse lewe. Die weer is fantasties en die atmosfeer van die laat somer is betowerend. Wat wil mens nou meer hê in die maand van die liefde?

Hier by Kakiebos is ons ook hard aan die werk aan die nuwe reeks en 'n paar nuwe produkte wat dalk binnekort op die rakke sal wees. Ons sal julle op hoogte hou, gaan word 'n pêl van Kakiebos op Facebook en onthou om ons nuwe "Facebook Page" te gaan "Like" om op hoogte te bly van ons doen en late.

Moenie vergeet om Februarie maand se "desktop wallpaper" kalender te gaan aflaai nie. Gaan loer onder ons Downloads blad vir nog meer kalenders of click op die prentjie hier langsaan om die nuutste kalender af te laai.

Pssst... en onthou om jou geliefde te veras met Kakiebos T-shirt op Valentynsdag...

Share on Myspace