Skip to content

Kakiebos

KAKIEBOS INHEEMSe winkel

dieselfde maar anders

kakiebos bagasie

Net na die “masker tyd” toe almal iets begin hekel, brou, kook of stook het, besluit ons toe ons wil ook iets nuuts aanpak. Daar is genoeg koffie winkels en nie een van ons kan baarde knip of vleg nie. Maar – ons like leer en canvas kwaai. Wat van ‘n skeersak? Almal hou van skeersakke. Of ‘n klein handsakkie miskien? So kom Kakiebos Bagasie aan die gang. 

Soos enige Covid chillie sous gaan dit maar brand brand aan die begin. Maar vandag is ons trots om te kan sê die reeks groei amper elke dag.  Net soos alles in Kakiebos, poog ons om sakke en allerlei bagasie en dinge te maak van net die heel beste materiale, die beste canvas en die heel beste leer – en alles word even met die hand uitgesoek, gesny en gestik.

Ons Eksklusiewe Inheems bagasie reekse – Labora – wat gemaak word van gewasde canvas en egte leer, en ons RIRI reeks, gemaak van felt wat vervaardig word van herwinbare koeldrank bottels, is tans uitsluitlik aanlyn en in ons Inheemse winkel te koop.

Shopping cart0
There are no products in the cart!
Continue shopping
0
Gratis aflewering vir aankope meer as R750.00